Login   Search
Skip Navigation Links
Tuis
Organisasie
Visie en Missie
Die rede vir jou keuse
Wat behels dit?
Agentskap navrae
Nuus
Kontak ons
English version
Studie-sentra
Aansporingstoekennings
Hoeveel kos dit?
Hoe om in te skryf
Scroll up
Scroll down
Skip Navigation Links>Wat behels dit?>Hoe om in te skryf

Inskrywing by BrainAcumen is nie sommer net inskryf nie, maar bied aan u, u kind en die BrainAcumen-onderwyser ook die geleentheid om mekaar eers te leer ken. Die program word aan die kind en ouer/s verduidelik en bekend gestel en elke detail word noukeurig bespreek alvorens u kind ingeskryf word.

Gedurende die inskrywingsproses sal u kind ook eers diagnostiese toetse ondergaan om te bepaal wat sy/haar individuele behoeftes en beginpunt tot die program behoort te wees.

Dit is belangrik dat die korrekte beginpunt bepaal sal word, sodat u kind van meet af aan sal presteer ten einde gemotiveerd te bly. Onmiddellike suksesse bring onmiddellike selfvertroue en sorg ook dat die kind nie gapings ondervind in sy leerprosesse nie – veral in vakke soos Wiskunde moet kinders die korrekte grondslag hê waarop hy/sy kan voortbou en terme van meet af aan begryp.

chrisnavdwalt@mweb.co.za / 082 900 6374