Eksklusiewe besigheidsgeleentheid vir onderwysers
Onafhanklike studies het getoon dat die wiskunde en wetenskap kennis van SA leerders van die swakste is in die wêreld. BrainAcumen Learning Academy bied die leerder ‘n alternatiewe manier van onderrig om seker te maak dat sy/haar wiskunde op internasionale standaard is. Terselfdertyd bied BrainAcumen aan u die geleentheid om ‘n sentrum te bekom waar daar op wiskundebeginsels gekonsentreer word en nie noodwendig gemik op ‘n spesifieke leerplan, om sodoende die kind se vermoë te verbeter.
Watter behoeftes word aangespreek?
Die werkstukke konsentreer daarop om wiskunde-beginsels in te oefen en is nie noodwendig gemik op ‘n spesifieke leerplan nie. BrainAcumen bied ‘n alternatiewe manier van onderrig om die kind se wiskundige vermoë te verbeter.
Wat van opleiding?
Intensiewe opleiding vir 'n volle dag word verskaf rondom die werking, hantering en implementering van u nuwe sentrum asook rondom die hantering van leerders se werkstukke. Die inhoud waarmee gewerk word, word intensief bespreek asook die norm en diagnostiese toetse.
Inhoud en waarvan u voorsien word
Graad 1 tot 12 Wiskunde werkstukke in beide Afrikaans en Engels. Werkskaarte sal drie-maandeliks in stelle van 10 vooruitgestuur word, tot 'n totaal van 40 werkskaarte per graad. Errata soos benodig sal van tyd tot tyd voorsien word. Volledige en relevante dokumente om u eie sentrum effektief en professioneel te bedryf: 'n Voorbeeld van 'n Bemarkingspamflet 'n Voorbeeld van 'n Verslag aan ouers 'n Voorbeeld van 'n inskrywingsvorm 'n Voorbeeld van 'n Sessie-Tydtafel 'n Voorbeeld van 'n Maandstaat
Wat is my inkomstepotensiaal?
U inkomste word soos volg bereken:
Voorgestelde werks ure: Maandag tot Vrydag 14h00 – 18h00 (4 ure per dag)
Basiese fooi van R400.00 per leerder per maand –
(1 uur sessie x 4 per maand per leerder).
6 leerders per les per dag (kan verskillende grade gelyktydig wees).
6 leerders x 4 ure per dag
= 24 leerders per dag.
24 leerders x 5 dae (1 week) =120 leerders x R400.00 per leerders
= R48 000 per maand.
Die Gemeenskap
Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir onderwysers en skole om betrokke te raak by die gemeenskap:
Deur ‘n sentrum te begin by ‘n skool, kan buurskole uit minder gegoede gebiede genooi word om kinders te stuur vir bystand met wiskunde agterstande. Skole kan reël dat gesubsidieerde klasse aangebied word. Die senior kinders van ‘n skool kan self assisteer met die aanbied van wiskundeklasse vir junior leerders. Dit tel dan as krediete vir die leerders vir gemeenskapsdiens.
Die werkkaarte vir alle grade is reeds uitgewerk en dit kan net so aangebied word.
Franchise-Prys:
Vir besonderhede, kontak ons (sien kontak besonderhede)