
|
Chrisna van der Walt
Uitvoerende Direkteur |
Uitvoerende direkteur Chrisna van der Walt (B.Sc (Wisk en Chemie), HOD, B.Ed) is reeds meer as 25 jaar betrokke in die onderwys en doen sedert 2000 navorsing aangaande die Suid-Afrikaanse skolestelsel.
Haar diploma’s in onder meer praktiese sielkunde, uitkoms-gebaseerde onderwys en trauma-berading maak van haar die ideale persoon om met kinders te werk. In 2001 stig sy die Academia privaatskool in Warmbad met die doel om alternatiewe onderwysmetodes te bied met sterk klem op wiskunde, wetenskap en leesvaardigheid en aan kinders word die geleentheid gebied om maksimaal te ontwikkel. Chrisna stel intens belang in die sielkundige samestelling van mense en haar kennis rondom sielkunde kom nou handig te pas by BrainAcumen ten opsigte van die onderrig van lewensvaardighede. Volgens Chrisna het elke kind die vermoë om wiskunde te kan doen, alhoewel die wyse waarop hulle dinge verstaan, bloot verskil – die gemotiveerde, geduldige onderwyser kan egter enige kind help om sy eie potensiaal maksimaal te bereik. “Indien elke kind wat oor my pad kom, net die liefde van Jesus kan ervaar, is alles vir my die moeite werd”, sê sy.