Enige kind kan baat vind by die Wiskundeklasse wat BrainAcumen aanbied – hierdie instansie is nie op die been gebring hoofsaaklik net vir diegene vir wie Wiskunde in 'n nagmerrie ontaard het nie, maar ook vir intelligente kinders wat hul potensiaal wil verbeter. BrainAcumen bied egter benewens bogenoemde ook menige ander voordele:
Konsentrasie:
Van BrainAcumen-studente word verwag om weekliks vir 60 minute te konsentreer op hul werk – hierdeur leer hul om sonder om moed te verloor, elke dag langer te kan konsentreer, en in te neem wat hul lees, hoor en skryf. Dit help uit die aard van die saak nie net met Wiskunde nie, maar ook met alle ander skoolvakke.
Die kuns van self-studie:
Studente leer by BrainAcumen om self te dink en self te werk, aangesien elke werkstuk ietwat toeneem in moeilikheidsgraad teenoor die vorige. Onderwysers moedig studente aan om self te dink, self-dissipline toe te pas en om ‛n liefde vir studie aan te kweek.
Bogenoemde help die student dus nie net op skool nie, maar ook in die beroepswêreld wanneer hul daaraan blootgestel word, na skool.
Selfvertroue en selfbeeld:
Omdat studente van BrainAcumen slegs studeer op die vlak van hul eie individuele vermoë, leer hul selfvertroue aan wat uiteraard ook ‛n positiewe selfbeeld help skep. Die waarde van selfvertroue en ‛n positiewe selfbeeld kan nooit genoeg benadruk word nie.