Login   Search
Skip Navigation Links
Tuis
Organisasie
Visie en Missie
Die rede vir jou keuse
Wat behels dit?
Agentskap navrae
Nuus
Kontak ons
English version
Studie-sentra
Aansporingstoekennings
Hoeveel kos dit?
Hoe om in te skryf
Scroll up
Scroll down
Skip Navigation Links>Wat behels dit?

Onafhanklike studies het getoon dat die wiskunde en natuur- en skeikunde- kennis van SA leerders van die swakste is in die wêreld.

BrainAcumen bied die leerder die geleentheid om deur middel van herhaalde oefening en deur duidelike verduideliking, seker te maak dat sy/haar wiskunde op internasionale standaard is.

Die werkstukke wat nie rekenaar-gebaseerd is nie, konsentreer daarop om wiskunde-beginsels in te oefen en is nie noodwendig gemik op ‘n spesifieke leerplan nie. BrainAcumen bied ‘n alternatiewe manier van onderrig om die kind se wiskunde vermoë te verbeter. Die werkstukke is geskik vir staatskool, IEB- en CIE-skole.

Wiskunde is ‘n vaardigheid wat verbeter word deur gereelde inoefening. ‘n Wiskunde-konsep word verduidelik en die leerder kry die geleentheid om dit toe te pas. Onderwysers wat die BrainAcumen-program aanbied, het ook die geleentheid om behoeftes wat mag bestaan in sekere afdelings van wiskunde, te kommunikeer en daar sal gepoog word om by wyse van aanvullings hierin te voorsien.”

By BrainAcumen glo ons vas dat enige kind met die regte leiding op sy eie gebied ‘n uitblinker kan wees, mits hy verstaan wat hy leer, goed onderrig word, genoeg individuele aandag ontvang en natuurlik sy kant bring! Met slegs 60 minute per week, kan u kind ook na sy vermoë presteer sonder die druk wat formele skoolonderrig so dikwels bring.

BrainAcumen is nie tot stand gebring om bloot Wiskunde aan kinders oor te dra nie, maar is ‘n onderrigmetode wat daarop gerig is om die volle potensiaal van elke individu te ontwikkel en te ontgin.

Deur elke kind se selfvertroue te ontwikkel en sy selfbeeld positief te bou, help BrainAcumen die kind om te ontwikkel tot sy volle potensiaal en help ons ook elke kind om selfdissipline toe te pas wanneer hy/sy leer met ‛n daaglikse studieprogram.

Wiskunde hoef nou vir GEEN kind meer 'n nagmerrie te wees nie, maar kan deur middel van BrainAcumen se onderrig nie net 'n uitdaging wees nie, maar ook groot pret!

Wat BrainAcumen nie is nie

Dit is nie 'n geleentheid vir leerders om huiswerk in te haal nie. Dit poog om leerders se agterstande te bepaal en reg te stel.

 Dit is nie 'n kitsoplossing vir tydelike probleme nie. Dit poog om die boustene van Wiskunde in plek te stel en vas te lê.

Dit is nie 'n plaasvervanger vir gewone klasonderrig nie. 'n Uur per week klas kan nie die daaglikse lesse in die skool vervang nie.

Dit poog nie om enige spesifieke kurrikulum volledig te behandel nie, maar dit raak aan die meeste aspekte van die Nasionale kurrikulum, geïntegreerd met die Cambridge kurrikulum.

chrisnavdwalt@mweb.co.za / 082 900 6374