Omdat elke student in staat gestel sal word om elke dag 100% of baie naby aan 100% te kry vir hul werkstukke, word hul deurentyd gemotiveer en bly gedrewe om aan te hou studeer. Studie is nie meer ‘n pyn nie, maar ‘n plesier!
Vir kinders is motivering en positiewe aanmoediging ‛n MOET ten einde te presteer en met BrainAcumen se spesiale program, is dit altyd moontlik omdat hul dit nie net van hul onderwysers ontvang nie, maar ook tuis van hul ouers.
Kinders leer goeie studiemetodes aan, en begin agterkom dat leer sowaar ook LEKKER kan wees – en dit op sigself is reeds genoeg motivering om aan te hou studeer!
Om studente gemotiveerd te hou, bied BrainAcumen dan aan studente toekennings wanneer hul uitstaande resultate behaal (onderhewig aan hul eie ouderdom en prestasievlak). Aan studente wat beter presteer as wat die kurrikulum vereis, reik BrainAcumen Brons, Silwer en Goue sertifikate uit wat hul nog MEER motiveer!